Riglyne vir verfilming

Algemene riglyne

Geen professionele toerusting is nodig nie. Gebruik ‘n ‘handycam’, of selfs jou selfoon.

Die belangrikste is dat die optrede duidelik sigbaar en hoorbaar is. Die deelnemer moet ten alle tye sigbaar wees. Vir die Musiek Afdelings sal die beoordelaar beide die deelnemer en die instrument wil sien.

Verflim die optrede in een aaneenlopende skoot. Geen redigering word toegelaat nie. Video en klank moet ter selfde tyd opgeneem word. Dieselfde geld vir uitvoerings, m.a.w. moenie die verskillende stukke na die tyd as een redigeer nie. Die deelnemer mag wel ‘n kort ruskans tussen stukke neem.

Hou die kamera stil. Gebruik ‘n driepoot, of plaas dit op ‘n stabiele oppervlakte, soos ‘n tafel.

Verfilm in die ‘landscape’ posisie, m.a.w. hou die kamera horisontaal. Vir Spraak kan die ‘portrait’, of vertikale, posisie beter werk.

Kies ‘n stil vertrek wat goed belig is. Maak seker dat die lig van agter die kamera is en sodoende die deelnemer van voor belig. Moenie die deelnemer van agter belig nie, want dan is die deelnemer ‘n silhoeët. Gebruik ‘n neutrale agtergrond, geen deurmekaarheid, óf boekrakke, óf gedrukte gordyne nie.

Voor die optrede moet die kandidaat (of die onderwyser) die volgende na die kamera sê: naam en van, asook die klas en nommer. Byvoorbeeld: Jan Smit, KJ16 nommer 8. Hierdie nommer sal aan u verskaf word voordat die video-voorleggings ingehandig moet word. Kontak die sekretaresse, Dee Penny, by kae@absamail.co.za indien u onseker is.

Elke inskrywing het ‘n eie video. Byvoorbeeld: indien die kandidaat vir SJ03 en SJ04 inskryf, dan sal twee individuele video’s vir die twee inskrywings verfilm en voorgelê word. Dit geld nie vir uitvoerings nie, aangesien dit een aaneenlopende optrede is.

Stoor die video’s in ‘n algemene formaat, soos .mp4 of .mov.

Maak asseblief seker dat die video korrek ge-etiketeer is en volgens die inskrywingsbesonderhede opgelaai word (deelnemer se van, naam, klas, komponis en die titel van die werk).

Musiek

Plaas die kamera teen ‘n effens hoek weg van die deelnemer af en maak seker dat niks, bv. ‘n musiekstaander, die deelnemer maskeer nie.

Klavier: Die beoordelaar wil die deelnemer ten volle sittend by die klavier sien, asook die hande en die klawers.

Dromme: Die beoordelaar wil die hande en voete sien – dit is beter om dit van die kant af te verfilm.

Sang: Die beoordelaar het nodig om die sanger, asook die begeleier, te sien. Maak seker dat die opname in die ‘landscape’, of horisontale, posisie verfilm word. Die deelnemer moet na die kamera toe sing. Verfilm die volle lyf sodat die postuur, asemhaling, ens. ook in ag geneem kan word. Dit is verkieslik dat die liedere uit die kop gesing word sodat die optrede in sy totaliteit beoordeel kan word: gesigsuitdrukkings, vokale uitdrukking, ens. is belangrik.

Blokfluit: ‘n Kant-aansig of ‘n diagonale kamerahoek is nodig. Die volle lyf van die kandidaat (verkieslik staande) en die hele instrument moet ten alle tye tydens die optrede sigbaar wees. Die musiekstaander moenie die gesig, vingers en instrument maskeer nie. Die hooffokus is op die deelnemer.

Strykers, Houtblasers en Koperblasers: Die beoordelaar het nodig om die volle liggaam van die deelnemer, asook die gesig, vingers en die instrument, duidelik te sien. Dit mag nodig wees om die deelnemer teen ‘n effense hoek te verfilm sodat die volle lyf en instrument sigbaar is. Die beoordelaar wil albei die hande sien, so verfilm van ‘n afstand. Die deelnemer moet, waar moontlik, staande wees.

Kitaar: Plaas die kamera effens na die regterkant sodat die deelnemer se gesig, albei hande en die hele instrument sigbaar is. Verseker dat die musiekstaander nie in die pad is nie.

Ensembles en Orkeste: Die kamera moet verkieslik op ‘n driepoot wees. Al die lede en die dirigent moet in die skoot wees. Plaas die kamera op ‘n redelike hoogte (nie te ver af óf op nie). Die musiekstaander moet nie die gesigte van die orkeslede maskeer nie. Die dirigent moenie voor enige enige orkeslid staan nie.

Koor: Die hele koor moet in die skoot wees. Jy mag, op gekose plekke, in-zoom vir gesiguitdrukkings en om iets te uit te lig.

Spraak

Die beoordelaar sal die volle lyf in die skoot wil sien. Dra direk na die kamera voor, asof die kamera die beoordelaar is.

Klank is hier van kardinale belang. Doen dus eers ‘n toetslopie om te verseker die klank hoorbaar en duidelik is.

PRACTICAL EXAMPLES

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Integer nisl risus, ultrices non dictum id, varius ut erat. Etiam eget tincidunt eros, at sollicitudin mauris. Nulla vehicula tellus quis justo finibus bibendum. Nulla consequat at est vitae iaculis. Interdum et malesuada fames ac ante ipsum primis in faucibus.

LIVE COMMUNICATION

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Integer nisl risus, ultrices non dictum id, varius ut erat. Etiam eget tincidunt eros, at sollicitudin mauris. Nulla vehicula tellus quis justo finibus bibendum. Nulla consequat at est vitae iaculis. Interdum et malesuada fames ac ante ipsum primis in faucibus.

FEEDBACK

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Integer nisl risus, ultrices non dictum id, varius ut erat. Etiam eget tincidunt eros, at sollicitudin mauris. Nulla vehicula tellus quis justo finibus bibendum. Nulla consequat at est vitae iaculis. Interdum et malesuada fames ac ante ipsum primis in faucibus.

Vir amptelike inligting oor COVID0-19 in Suid Afrika, gaan na sacoronavirus.co.za

                 Kopiereg (c) 2022 KAE. Web ontwerp deur TinkerNaut